Skaap lam hokke en kraal panele is 90cm hoog en beskikbaar in lengtes van 1,5 meter - 2 meter - 3 meter - 4,5 meter - 6 meter of enige lengte op versoek van die boer.
Die panele word gebou met of sonder swaai hekke.
Die staal rame word gebou met 25x25 square tube. Dit is baie sterker as staal pyp rame.
Die boer het 'n keuse van 3,55mm of 6mm dik reinforce mesh - of 25mm staal pype wat ons in die staal raam in vas sweis. Skets sketse met beskrywings hier onder.
Panele word geverf met rooi oksied en swart industriële verf.