Fotos van skaap & boerbok voet dip gange Kliek op fotos om te vergroot
Dit is belangrik om jou skape en boer bokke gereeld te dip teen bosluise. Die voet dip gange is baie populêr en werk baie goed om jou skape en boer bokke te dip. Baie boere laat hulle skape en boer bokke gereeld deur die voet dip gang loop, voordat hulle veld to gaan.
Voet dip gange (2 meter en 3 meter) vir skape en boer bokke Lengte van video = 1 minuut 35 sekondes
Die onderkant van voet dip spuit tonnels & en die voet dip gange Lengte van video = 33 sekondes
Skaap en boerbok voet dip gang - 2 meter lank Lengte van video = 66 sekondes
Skaap en boerbok voet dip gang - 3 meter lank Lengte van video = 64 sekondes
Optioneel ekstra
Staal uitlaat pyp wat vas gesweis word, met 'n 32mm ball valve.
Die voordeel van die ball valve, is dat dit is maklik om die dip-water uit te laat terwyl jy besig is om te dip en die bak word te vol, en nadat jy klaar die skape of boer bokke gedip het. Jy koppel net 'n 32mm pyp aan die ball valve, en kan die dip-water lei tot waar jy dit wil laat uitloop.
Prys is R 350
Skaap & boerbok voerbak met mandjie - en voet dip gang Lengte van video = 1 minuut 20 sekondes
Sien skakels regs vir meer bees, skaap, boerbok, wild en ander produkte wat ons bou.
Beskikbaar in lengtes van 2 meter en 3 meter lank.
Die voet dip gange het 'n waterdigde staal raam gebou uit 25x25 square tube. Aan die kante word staal mesh met 3.55 dik staal in gesweis. Die openinge is 100mm x 100mm (10cm x 10cm). Die staal word geverf met twee lae red oxide verf, en dan met twee lae swart industriële verf.
Binne in die voet dip sweis ons 12mm round bar 300mm uit mekaar op die vloer, sodat die skape en boer bokke nie gly nie en vas trap plek het wanneer hulle deur die gang loop.
Baie effektiewe beheer van bosluise, vrotpootjie en sweerklou
In areas waar bosluise en waar vrotpooitjie en sweerklou algemeen voorkom, is 'n voetdip van groot waarde vir die boer. Wanneer die skape en / of boer bokke uit gaan in die oggend en terug kom kraal toe in die middag, loop hulle deur die voet dip gang of die dip spuit tonnel. Dit voorkom vrotpootjie en sweerklou tot 'n groot mate.
Sweerklou wat meestal deur bosluise veroorsaak word, kan verhoed word deur effektiewe bosluis dip middels in die voet dip gange te plaas, en / of die skape en boer bokke gereeld te spuit met die dip spuit tonnels met voet dip bak.
Indien vrot pooitjie voorkom, kan die voet dip gang met 5% formalien of 10% sinksulfaat gevul word.
Die voet dip gange is 600mm breed en 1100mm hoog. Ons bou ook die tonnels 1200mm hoog op aanvraag. Die voet dip bad waardeur die skape en boer bokke loop is 200mm diep.
Ons sweis vier sterk hand vatsels aan die buitekant, wat dit baklik maak om die voet dip gang te skuif.
Op die twee punte van die voet dip gang, sweis ons 25x25 square tubes waardeur 'n 10mm - 16mm round bar gedruk kan word om hekkies (panele) aan die voet dip gang te koppel. Dan werk dit soos 'n druk gang. Vir panele wat ons bou, sien foto hier onder en pryse in die pryslys blad van hierdie webwerf.
Bestellings Produkte word op bestelling gebou. Geen BTW betaalbaar nie.
Deposito van 70% is betaalbaar. Balans wanneer bestelling gebou is. Indien u bestelling wil plaas, stuur vir ons die volgende inligting. Naam of besigheid naam Pos adres Kontak persoon en nommer Epos adres Produkte wat u wil bestel & hoeveel
Vervoer & aflewering Ons doen nie self vervoer nie, maar kan vervoer help reël indien nodig. Daar is vervoerders wie gereeld produkte wat ons bou vervoer en aflewer by ons kliënte. Lys van vervoerders - Kliek hier
Kontak ons Ons is 16km vanaf Brits en 10km vanaf Hartbeespoort, op die R513 (Pretoria - Hartbeespoort Brits pad) in De Wildt - afrit 14. Selfoon en WhatsApp 072 132 3668 Epos adres info@affordable-solutions.co.za Google maps Kliek hier